Pablo Software Solutions
Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.
die Uitverkiesing :Website Builder
Troos of Vertwyfeling...? :Luister na die Woord :die Uitverkiesing geskied in Jesus Christus :Wie is 'Ons in Hom' ? :Uitverkies voor die grondlegging van die wêreld :Uitverkies om heilig en sonder gebrek te wees :Voorbeskik tot kinders van God :die Troos van die Uitverkiesing :die Verkiesing van Judas Iskariot :die Pynlike ervaring van Jesus :Het God vir Judas bestem tot verraaier? :Wat van Johannes 17:12 ? :En wat van Romeine 9 ? :Wat is die probleem waarop in Romeine 9 geantwoord word? :Waarom is Israel dan verwerp? :'n Beeld van die Uitverkiesing
Waarom is Israel dan verwerp?

Waarom Is Israel Dan Verwerp?

Wanneer ons nou verse 14-20 lees, lyk dit asof die Here sommer willekeurig kies en dat daar geen grond of aanduiding is Hoe Hy kies, Wie Hy kies en Waarom Hy kies nie. Nou wil die apostel juis daarop wys dat God nie willekeurig kies nie. Ons het nie met 'n verborge Raadsbesluit van die Here te doen nie. God openbaar aan ons hoe, en wie, en waarom Hy kies en verwerp. Daarom word die vraag pertinent in vers 32 gevra: Waarom is Israel dan juis verwerp? Hulle het dan die wet van die geregtigheid nagejaag, waarom het hulle dan nie die geregtigheid verkry nie, nl. om vry van skuld verklaar te word voor God nie? ( vers 31 ). Dan antwoord hy waarom dit met Israel so uitgeloop het. Hy sê dit is omdat die geregtigheid wat hulle nagejaag het, nie uit die geloof was nie, maar omdat hulle deur die werke van die Wet geregverdig wou word ( vers 32 ). Hy sê dan verder dat Israel hulle gestamp het teen die steen van aanstoot en die rots van struikeling ( verse 32 en 33 ).

Wat beteken dit? Israel het gemaak asof hulle deur die werke van die wet hulle saak by God kon regstel, en daarom het hulle die Christus verwerp wat God tot heil en redding gegee het - hulle het dus nie in Hom geglo nie. En daarom is Israel verwerp. Want aan die ander kant het die heidene geluister na die boodskap van God se genade in Jesus Christus, en hulle het dit geglo. Daarom is hulle voorwerpe van barmhartigheid ( vers 23 ) en ook geregverdig ( vers 30 ).

Hieruit blyk dit duidelik dat God nie willekeurig kies nie. Hy kies in en deur Jesus Christus. Daarom sal elkeen wat in Hom glo, nie beskaam word nie ( vers 33 ). So weet ons dus wie uitverkies is en wie verwerp is, want in Jesus vind die beslissing plaas. Op grond van die geloof of ongeloof in Hom word God se geregtheid ontvang.

Die apostel Paulus wil dus hier sê: Kyk, God se verkiesing vind langs 'n sekere weg plaas, nl. deur die geloof in Jesus Christus. En as iemand hierdie weg verlaat of verag en ignoreer, kan hy nie reken op God se barmhartigheid nie. Israel wat dan hierdie weg van God verlaat het, nl. die geloof in Jesus Christus, en langs hulle eie weg, d.w.s. deur die wet, by God geregverdig wil word, kan nie meer aanspraak maak op God se beloftes en verkiesende genade nie. Hulle het God se weg van heil en uitverkiesing verlaat, en daarom is hulle verwerp.

Aan die hand van hierdie twee voorbeelde uit die geskiedenis, (nl. Isak teenoor Ismael en Jakob teenoor Esau) toon die apostel Paulus aan dat God nooit sy beloftes onvoorwaardelik aan. alle mense toegesê het nie; ook nie eers aan alle nakomelinge van Abraham nie. Daarom staan daar geskrywe: "Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie" ( verse 6 en 7 ).

Die deel van Israel wat nou verwerp is omdat hulle die Christus nie aanvaar het nie, kan nie sê omdat hulle die nageslag van Abraham is, het God nie die reg om so met hulle te handel nie (nl. om hulle nou te verwerp nie). Want God kies en Hy kies op grond van 'n voorwaarde en langs 'n sekere weg, nl. deur die geloof in Jesus Christus. Die maaksel kan nou nie vir sy maker sê: Waarom het U só met my gemaak nie? Die pottebakker het tog immers die mag oor die klei. Hy beslis oor wat van die klei word. En Hy het beslis dat die klei wat deur die geloof gevorm word, tot sy eer sal wees en die klei wat deur die ongeloof gevorm sal word, tot sy oneer sal wees, en daarom verlore gaan. Maar wie God se weg van verkiesing, nl. die geloof in. Jesus aanvaar, word 'n uitverkorene.

    

 

Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017